Lewensdruk

Wow! ekt al amper vergeet ek het n blog! dit was so lank terug.

Dinge het maar effe dol gegaan, maar ek kan rapporteer dat ons nou mooi ingeburger is in die kaap. Ons geniet die lewe hier terdee, en daar is omtrent elke naweek aksie, en iets op ons agenda.

Wel, ek wil weer iets insiggewends skryf vandag. Oor druk ( pressure )

Ons ervaar elke dag so baie druk in die lewe…werksdruk, groepsdruk, druk om betyds te wees, druk om die begroting te laat klop, druk om die beste te wees, druk om in ons werk te presteer, druk om doelwitte te behaal, druk in die verkeer, druk om betyds n werkstuk in te handig, goeie diens te lewer…ens.

Dis geen wonder dat mense leef vir naweke nie, want dan word die deksel van die pressure cooker oopgemaak en kan van die spanning en druk bietjie verlig…net om maandag weer oor te begin en weer druk op te bou.

Die feit is dat druk meeste van die tyd kom agv ons eie besluite wat ons gemaak het. Nie vroeg genoeg gery nie, nie betyds begin met die maand se begrotingsbeplanning nie, nie beplan hoe ons die opdragte gaan uitvoer betyds nie, uitstel…ens…vir als is daar ons eie besluite wat lei tot die druk.

Die probleem met hierdie druk, is ook dat om dit uit te skakel, ons soms die onnodigste dinge aanvang wat dan oms tot selfs meer negatiewe gevolge lei. Mense drink hulself half in n koma in oor naweke, baklei met die vrou, die buurman of vriend oor die rugby en die skeidsregter.

Ons doen die verkeerde dinge om die pyn en druk uit te blok. Al wat ons moet den is om meer en beter te beplan, die regte besluite te maak, nie impulsief op te tree nie, en dan sal meeste van die druk nie daar wees nie, want ons is self daarvoor verantwoordelik.

Dis wanneer ons moet vra vir wysheid, insig en krag om die regte besluite te maak.

Sterkte met die druk in jou lewe…dink voor jy doen, voor jy se..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.