Ek het op 2 verskillende plekke , of sal ons se, van 2 verskillende mense vandag op Facebook die vraag gesien vra : ” wat is vriende” of dan wat is vriendskap, en ek sal dit nouer trek na – Wie is vriende?
Ek het my eers nie gesteur aan die vraag nie, want ek het al ervaar daar is maar baie mense op Facebook wat n erge eensaamheid beleef en soms enige iemand gryp vir n gesels, of stellings maak wat jou moet noop om te vra: Hey, maar wat gaan aan ?, of hoekom is jy so kwaad/hartseer/ depressief.
Ek het egter toe ek dit die 2e keer sien van n verskillende mens bietjie gedink aan gebeure in my eie lewe die laaste tyd, en ook van mense na aan myse ervarings van vriendskappe. Ons almal weet tog daars baie verskillende vriendskappe. Mooiweersvriendskappe, ware vriendskappe, skoolvriende, kenisse, en selfs kwaaivriende.
Dit wat ek die laaste ruk ervaar het was van alle pole en kontraste. Ek het die lelik gesien in vriendskappe, sowel as die heel mooiste. Vriendskap kan so lelik raak as dit van iemand af kom wat net te veel druk daarop sit. Wat kwaad is as jy nou net eenvoudig nie kan gaan vir daai drankie, of gou n halfuur kan afknyp of hom/haar te sien nie, ten spyte van wat ookal familie verpligtinge jy mag he, besigheid of werksdinge wat dit net onmoontlik maak, maar dan word jy gemanipuleer en hul is kwaad vir jou want jy wil dan nou nie bietjie vriendskap samesyn he nie.
Die ander het ek ook beleef dat sou hul nie meer iets uit die vriendskap kan kry nie, en nie saamstem met jou doen en late nie, dan is jy kwansuis nie meer gebind tot die vriendskap nie en word dit summier beeindig.
Ware vriendskap het ek gesien en beleef baie onlangs…dit vra nie veel nie. Is ook nie kwaad as jy nou ongelukkig die tyd met gesin of familie heel eerste plaas nie, of verstaan daar is baie ander vriendskappe wat ook gereeld moet watertjies kry om te laat groei.
Die tipe vriendskap is daar om jou te help met besluite, maar ook daar as wanneer jy n fout begaan het, nie vir jou te se – hey, ekt jou gese nie, maar om te se , hey, dis okay, kom ek help jou om dit reg te maak. Dis mense wat sal als opoffer om jou by te staan. Dis die ou wat jy weet jy kan met vrymoedigheid bel maak nie saak watter tyd van die dag dit is nie. Dis die vriendskap wat jou bel net om te hoor hoe dit gaan, en nie om te hoor hoekom jy dan nooit bel of nooit wil kuier nie. Dis die persoon wat n oor gee, n skouer, empatie, simpatie…
Ek is opgewonde as ek kyk na al die verwelkomings wat ons reeds in die Kaap gekry het, en mense wat saam wil kuier, maar dit sal altyd met n tikkie hartseer en nostalgie wees wanneer ek dink aan n handvol ware vriende wat wel als was wat ek hierbo beskryf het. Ek het ook vele van die ander beleef, maar gelukkig is dit water onder die brug.
Dit, my vriend, is vriendskap…plaas jou eie behoeftes laaste en die van jou vriend eerste, ondersteun hom, sonder om n kruk te word.
Laat ek sommer die geleentheid gebruik om dankie te se vir al my vriende. Die eks vriendskappe, die huidige vriendskappe, en die wat nog gevorm en gegiet gaan word.
Dankie kwaggas !!
Posted by Flip on April 13, 2011 at 5:02 pm
Dis nogal waar wat jy se. Die belangrikste is om nie te oordeel nie en eerlik te wees. Ek hoop jy beskou my as een van jou vriende. Ek weet net dat ek ewig dankbaar is vir jou ondersteuning toe ek dit die nodigste gehad het. Jy is ‘n diamant van ‘n vriend – Dankie Danie.
Posted by Danie Van der Sandt on April 20, 2011 at 12:01 pm
Ek beskou jou wel as n vriend Flip…een wat nog in die Kap gaan kom braai.
Die ondersteuning kom uit my hart, en sal altyd. Thanks vir die great kompliment!
Posted by Ina van Staden on May 5, 2011 at 1:00 pm
Hey, wanneer hoor ons weer van jou????
Posted by Danie Van der Sandt on May 23, 2011 at 8:29 pm
vandag weer geblog Ina