Hello Kaap !

Huidige bok en toekomstige bok

Dis my eerste blog vanuit die Kaap, en ek dog toe die beste manier om te blog is met n foto by wat als vertel.

Ons het toe laat maandagaand hier aangekom- 23:00 se kant, nadat ons maandag oggend so net voor 6am weg is uit Gauteng.

Die week was hectic, met die meubels wat die volgende oggend reeds 8am by die nuwe huis staan en wag het…ons nog half deur die blare en by my broer se huis, moes vinnig wikkel om mense te kry om te help uitpak. Ons moes die huis weer kry en ekt geen idee gehad hoe om daar te kom nie.

Dit was uitputtend, en als het darem so teen donderdag begin vorm aanneem, en kon die rekenaars en alle kantoor dinge aan die gang kom. Ons kantoor set up is nou ongelooflik lekker, met n aparte deur wat ingaan vanaf die swembad en braai area. en terselfdertyd deure wat na binne die sitkamer oopmaak.

Ons kamer is so groot dat ons maklik kan muurbal speel ! en my oudste dogter sin omtrent die selfde grootte. Elkeen van hierdie kamers maak oop op hul eie balkon met lieflike uitsigte oor Tafelberg en Bloubergstrand. Ek se dit nie om te spog nie, maar net dat jul n beskrywing kan kry van hoe n blessing hierdie trek vir ons was. Ons het reeds soveel vriende gemaak en die mense wil almal reeds weet wanneer is die house warming.

Saterdag, as ek enigsins nog twyfel gehad het oor die groot trek, is dit uit die weg geruim. Ons is na my geliefde Nuweland om die Stormers in aksie te sien…die atmosfeer was ongelooflik. Ons het in n private suite kon kuier voor en na die tyd. Nee, nie n losie nie…die suites is reg by die spoorwegpawiljoen, langs die spoorlyn…maar uniek en met n verskil. Dis treintrokke ! treintrokke wat ingerig is met n kroeg, sitplekke en n plasma tv. Ons was vrek gelukkig want in ons sin was sommer platters sushi te eet.

In hierdie suites is die WP se vodacombeker spelers en 0/20′s en o/21′s gered om jou van drankies te bedien en saam jou te kuier en gesels oor rugby sake…Awesome en ongelooflik. Iets wat ek dink die WP rugby unie presies verstaan is hoe om die “fans” gelukkig te hou. Daar is mense om die stadium wat “steel drums” speel, “fan parks” met verhoee propvol vermaak, beamptes wat help met vrae en aanwysings…als met die reuk van hops en barley komende van die lokale brouery gelee net agter die stadium.

Lank na die wedstryd stap ons na een van die vermaak verhoe, en sien toe vir Gio Aplon- een van my seuntjie se helde wat meer as gewillig was om sy handtekening op sy splinternuwe Stormers trui te maak en te poseer vir n foto. Die outjie het gedink die dag is spesiaal vir hom gemaak, maar asof dit nie genoeg was nie, sou nog n groter verassing op hom wag….

Ons stap by n eetplek/kroeg in vir nog n vinnige versnappering en verversings en kuier toe n hele tydjie daar. Ek het gou die badkamer besoek op my pad uit toe my seun my vertel n oom van WP het sy sel nommer gegee en hy gaan hom n getekende bal gee.

Ek vra toe ook om die “oom ” te ontmoet- dit is toe niemand anders as Rob Wagner- die MD van WP rugby! lees mooi, en verstaan mooi- die MD van WP rugby!! HY reken dat hy gesien het hoe ons klompie daar sit almal met Stormers truie, met die oulike laaitie met n getekende trui en vele ander merchandise, en die laaitie – klein Danie- verdien n bal geteken deur al die spelers. EK het sy selfoonnommer en moet hom net volgende week bel en hy reel dit !

Kyk, as ek nou al ooit getwyfel het oor die laaste paar maer jare of ek lojaal aan die WP en Stormers moet bly, dan is al my jare van lojaliteit aan hierdie unie, eensklaps beloon en beantwoord !! Wat n great Rugby unie, span, spelers, bestuur, ondersteuners, stadium, en alles wat daarmee gepaard gaan. Ek kan voorwaar niks negatiefs daaroor vind nie, behalwe natuurlik dat ons span die eerste keer die jaar verloor het.

Dit was n fantastiese eerste week in die Kaap, en ons was reeds 3 keer op die strand, 1 keer by die Blue Peter, en selfs by Nuweland.

Hierdie gaan n reis van ontdekking en baie plesier wees soos nog nooit tevore. My sitplekgordels is aan en eks reg vir die reis !

2 responses to this post.

  1. Hi Danie

    Wil net se dit was baie lekker om jou te ontmoet. Dankie vir die lekker kuier na die game. Se vir klein Danie, hy moet daardie bal genuut.

    Groete

    Niel

    Reply

    • Posted by Danie Van der Sandt on April 11, 2011 at 10:02 am

      Hi Niel

      Baie dankie man. Dit was heerlik en sommer n bonus om nog n paar nuwe vrinne by te kry ook. Glo ons gaan nog daai krewe by die dosyne saam uithaal !

      Daar gaan nog baie kuiers wees…eerste een die komende naweek sommer.

      Groete
      D

      Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.