Volgende blog:Kaap

Yoh! Tyd het nou ongelooflik vinnig gevlieg.

Ons is op die vooraand van die groot trek, en baie is al gedoen, maar baie moet nog gedoen word.

Ek het iewers gelees dat om te verhuis n kort koppie agter egskeiding, dood, werk verloor ens. op die trauma skaal is. Ek dink egter hulle het gepraat van trek in dieselfde dorp, want trek na n hele ander provinsie dink ek is net so traumaties.

Dinge het net als so op een slag gebeur, en ek het dalk my beplanning effe verkeerd gehad. Ons het 3 weke terug n nuwe sisteem vir ons besigheid begin gebruik en al ons kliente moes hierop gelaai word in tyd vir maand einde, die trek was vir hierdie maand einde, karre se dienste ook, nuwe besigheid tussenin…en dit gaan net rof.

Ek was dalk baie opvlieend en liggeraak die laaste tydjie, maar ek wil net als agter my sit en in die nuwe huis en gesettle.

Die afgelope naweek was die hartseerste en nostalgieste naweek nog in Pretoria. Ek het besef dis eindelik die laaste een, en vriende het vir ons n laaste braai aangebied. Dit was besonders en ek het opnuut besef dat ons eintlik baie lekker gewoon het hier. Die kinders het ook reeds al hul afskeids dinge met hul maats gehad,ons sondag met al die kerksmense, dis nou nog net n paar honde wat ook van moet afskeid geneem word…en dan my ouers en familie.

Dis sekerlik nie sonder n traan wat al die dinge plaasvind nie, maar as dit te veel raak herinner ek myself net weer wat die plan is , en die pad wat uiteengesit is….nie my planne nie, maar die Vader sin.

Ons trek word more gepak, en verlaat Gauteng, so hierdie is my laaste blog tot ek daar aankom. Ons slaap more aand nog by vriende hier in Centurion, dan vrydag en saterdag by my ma hulle…en sondag is die lang pad aandurf met die karre, voel, hondjie kinders en klere.

Dies wie ek nie gegroet het hier in Gauteng…daar was net eenvoudig nie genoeg tyd, maar dis nie vaarwel. Ek is n e-pos, oproep, of Facebook ver. Onthou ook dat ons huis oop staan in die kaap vir kuiers en verblyf.

Die naweek was nog erger hartseer agv die Proteas se krieket skande, en ek wil nie eers meer krieket kyk nie…gelukkig is dit daar ook tyd vir n nuwe blaadje omslaan, en ek glo n paar nuwe gesigte gan in die leiersposisies gesien word, beginne met die kaptein en afrigter. Ek dink egter die keurders moet ook gepos word.

Spelers soos David Miller, Albie Morkel en selfs Mark Boucher, moes nooit by die huis gebly het nie.

Nou ja….dis my blogbeurt in Gauteng op n einde. Ek skryf gou weer vir julle uit die mooie kaap en hou jul op hoogte van hoe als afgeloop het en die nuwe ervaringe en wedervaringe.

Geseend is julle in die stad, die veld, en waar ookal jy jou bevind.

3 responses to this post.

  1. Posted by Flip on March 29, 2011 at 4:00 pm

    Hey Danie,
    Ek is opgewonde vir jou part. Onthou jy nog toe ek vir jou gese het dat julle die lang pad gaan aandurf? Dit is wonderlik hoe die Here werk en ek weet sommer dat Hy julle baie effektief gaan gebruik daar. Ek sal een of ander tyd daar gaan inloer. Dankie vir die moeilike pad wat jy met my gestap het. Ek sou dit andersins nie gemaak het nie. Thanx!!.

    Reply

    • Posted by Danie Van der Sandt on March 30, 2011 at 8:23 am

      Hey Flip…dit was my voorreg om die pad saam jou te stap. Jammer ek was baie skaars die laaste rukkie. Dinge het rof gegaan…en gaan steeds seker tot ons afgepak het daai kant. Ons het nooit by die braai uitgekom nie, maar jy sal maar moet kom braai daar in die kaap.

      Alle voorspoed vir jou vorentoe. Mag die Here jou lei en bless en jy al die pad groei.

      Reply

  2. Posted by Ina on March 30, 2011 at 7:00 pm

    Julle moet die Kaap geniet. Dit is jammer ons het so weg van mekaar gegroei die laaste tyd. Dit sal goed gaan met julle daar ek glo jy sal ‘n sukses daarvan maak. Stuur liefde en groete vir Erika.

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.