Dit sal net heeltemal verkeerd wees om nie na n naweek soos hierdie darem te blog nie.
Kyk, ons sukkel al n paar jaar om in die super rugby reeks n wedstryd op Loftus te wen. Ons wen darem as hul by ons speel en in die curriebeker reeks, maar dit was asof Loftus n vloek begin dra het wat ons net nie van ontslae kon raak nie.
Dis toe met nie veel entoesiasme wat ek en n paar mense wat saak maak saterdag opruk Loftus toe. Ek dog toe maar , wel, solank ons goeie rugby sien en die Stormers darem n goeie geveg opsit dan is dit lekker om n laaste keer as Pretorianer op Loftus te wees en ons maak maar n volle dag daarvan.
Die irriterende bloubul lied van Steve het oudergewoonte weer gedawer oor die luidsprekers, en die ondersteuners was al vlae wapperend en dansend rasend voor mens en vol antisipasie en perspirasie, horings op die hoede wat punt regop staan en neusringe wat glinster in die vloedligte.
Soos die spel aangegaan het en die Stormers hierdie keer gelyk het na n span wat glo hulle kan hierdie vloek verbreek, en met elke duikslag wat hulle n bul tree terug geduik het dat ek kon sweer ek die hikke op die pawiljoen kon hoor, het die horings begin slapper en kleiner vertoon. Die danse en uittartende kyke het al minder geword, en n dawerende ” STORMERS JOU LEKKA DING” het begin opklink. n opwindende kreet van Stormers, stormers, stormers het begin klink asof ons op Nuweland was, en die weer het so wrintie ook saamgespeel dat sou jy vir n minuut regtig jou verbeel sou jy glo jy sit op Nuweland.
Dit was die perfekte afskeidsgeskenk vir my. Nie net was hierdie n wen vir die stormers nie, maar die wiel, soos ek altyd se …het nou finaal dalk net 360 grade gedraai. Die bulle se vodacom beker span wat die voorwedstryd teen die WP gespeel het , het ook verloor, en dit is hul 4e agtereenvolgende nederlaag van die jaar. Die WP se o/19s en o/21 ‘s is kookwater en die huidige kampioene. Die Maties en die Ikeys is die varsitybeker se voorlopers en dit gaan voor die wind in die Kaap.
Die feit dat die bulle aan die verloor kant was, kon nie langer betwyfel word toe ou Bakkies uit frustrasie alweer een van die klein outjies begin boelie het nie. Die arme 78 kg en 1.75 meter Dewald Duvenage was die keer weer aan die ontvangkant…soos die Beeld vandag berig het is dit snaaks dat al drie kere wat hy uitgewys is vir vuilspel dit teen die kleinste outjies op die veld was. Die eerste keer was teen arme Gio Aplon ( 76 kg), Jimmy Cowan van die All blacks- 94 kg, en die keer Dewald wat 78 kg weeg. Bakkies homself is oor die 2 meter lank en weeg 120 kg.
Dalk tipifiseer dit juis waar die fout le met die bulle. Hulle het arrogant geraak en dink hulle is verhewe en sterker en groter as almal en hoef slegs op te daag en die ander ouens gaan omval en die punch vat.Hulle is so arrogant dat hul selfs vir die skeidsregter die hele tyd wil vertel wat om te doen en hoe om te blaas, ipv om die wedstryd te speel.
We….selfs al wen die stormers niks verder hierdie jaar nie…die een sal ek onthou en altyd met groot genotdoening aan dink. Dankie Stormers dat jul my die beste afskeidsgeskenk kon gee wat mens kan aan dink. Julle het hulle simpel geduik en elke faset van die spel oorheers.
Dit gaan n lekker week wees!
Posted by Ina van Staden on March 22, 2011 at 10:06 am
Hi, wil net die een ding sê, ek het besluit ek praat glad nie hierdie jaar rugby nie want dit veroorsaak groot irritasie ne frustrasie en selfs hof interdik dreigemente. Ons het Saterdag aand gewerk soos jy weet vir Goodfellas dit het ons amper ‘n uur gevat om verby die stadion te kom om passasiers in Lynwoodweg op te laai, dit mag wees soos julle voel die Bulls ondersteuners is arrogant maar, as jy moes beleef wat ons Saterdag moes aanskou nie deur Bulls ondersteuners nie maar Stormers ondersteuners wat absoluut tot die laagste vlak gedaal het. My punt is alle provisiale ondersteuners raak soms die klits kwyt as dit by hul spanne kom en weereens ek is geen rugby kenner nie en ek begin so hekel en haat in rugby ontwikkel want ek wil beslis nie weer beleef wat ek Saterdag aand moes aanskou nie.
Baie geluk in elk geval met jul span se oorwining ek gun dit vir jou met my hele hart om weer bietjie daai koppie in jul provinsie te hê.
Lekker dag
Ina
Posted by Danie Van der Sandt on March 22, 2011 at 12:32 pm
Ina, hierdie was nie om enige iemand se neus in te vryf nie, maar as daar ondersteuners was wat dalk laag gedaal het saterdag aand, dan was dit bloot jare se hel wat ons moes opvreet wat ons net weer bietjie terug gegee het.
Dis tog jammer hoe dit nie okay is as ons feesvier nie, maar die bulle mag bad losers en bad winners wees.
Ek se weer, dit was n uitstekende vertoning, en my eerlike opinie is dat die bulle se rugby verouderd en voorspelbaar geraak het, en die spelers het arrogant geraak…jul eie koerantskrywers en ondersteuners het dit al erken.
Rugby is niks fout mee as mens dit kan geniet vir die spel wat dit is nie
Posted by Ina on March 22, 2011 at 6:02 pm
Om fees te vuur is een ding maar om vrouens aan te val is ‘n heel ander ding ongeag of die stormers deur hel gegaan het of nie. Ek het ook Saterdag se wedsryd gekyk saam met stormers in ons huis en ons het goed gek geskeur met mekaar net soos ons ook in die verlede gedoen het.
Posted by Danie Van der Sandt on March 23, 2011 at 5:45 am
Ina, jy moet laat ek jou eendag vertel wat met my op Loftus gebeur het…nie net eenkeer nie. In ons huis skeer ons ook lekker gek as ons almal rugby kyk. Ons is gewoonlik so 15 stormers en so 3 of 4 bloubulle…maar braai en kuier te heerlik na die tyd saam
Posted by Ina van Staden on March 23, 2011 at 6:24 am
Dan is ek bly vir jou.