Te veel dinge te min tyd

Mense hoor jy gaan kaap toe, en vra belangstellend uit, en soms hoor jy die bietjie skeptici in hul stemtoon, asof jy dan nou skoon die kluts kwyt geraak het. Hier en daar kry jy die werklik eerlikes wat sommer net se- hel man, ek wens ons kon dit doen, of ek sal wat wou gee om my kinders elke naweek op die strand te he.

Ongelukkig is daar die ander koor wat maarnet nie kan verstaan wat in jou gevaar het nie. Vir hulle kan ek maar net se dat hulle nie die werklike en volle feite ken nie. Al die tekens en woord wat mens kry, deure wat oopmaak. Die statistieke van die debiteure boek per provinsie, persentasie groei, markaandeel, potensiele groei, en groeikoers, om maar net die besigheid alleen as uitgangpunt te gebruik.

Kom ons kyk dan nog na lewenskwaliteit. Ons lewe is tans so gejaag hier dat mens verby mekaar leef , en almal se idee van n great naweekis om hul des moers te ry na die naaste vakansie oord of wild reservaat. Almal is nie daai luxury beskore nie, en die naweek wegbreke is maar min. Dan is jou voorland fliek, rugby kyk, en braai.

Die vooruitsig vir ons nuwe tuiste is om elke dag teen sowat 4:30 op te hou werk, ons Golden retriever wat ons gaan aanskaf te vat, en elkeen op n fiets te klim en af te ry strand toe, as ons nie lus is vir die fietse nie, dan ry ons sommer maar met die kar af. Vrydae gaan n instelling wees om bietjie vroeer te gaan, te speel op die strand en dan op die Blue Peter se grasperk n pizza en sundownertjie te nuttig. Saterdae is dit of Nuweland toe, weskus toe, Hermanus, Simonstad, ens …Sondae is dit kerk en dalk die middag bietjie wynplase toe of n interessante plek of bestemming soos Franschoek te bestem…of natuurlik alternatiewelik sommer weer die strand.

Ons het n huis gekry. n Pragtige huis, en dinge gaan wild by ons met pakkery, werk tot laat aan besigheid, kuier en beplan om almal te groet. Als uitvind oor n skool vir die kinders, klere, water en ligte .Kwotasies vir trekke, onderhandelings met die en daai en sommer net stres oor of als betyds gedoen gaan word, en of ons als gaan onthou. Ek dink jy kan verstaan dat dit nie sommer net woorde is as ek se…ons trek einde van die maand Kaap toe nie. Daars geweldig baie wat daarmee gepaard gaan en verskoon my en ek dink jy sal dan verstaan dat ek maar min blog, en dat ek soms my humeur verloor vir die kleinste dingetjie. Ek erken ek is tans liggeraak, maar verdra my net tot ten minste einde pril wanneer ek weet als is gedoen en ons is gevestig.

Dis vanaand die derde aand die week wat ek dit maak na 1 uur die oggend, aangesien ek 20 minute terug opgehou het met werk en besigheids dinge. So …my punt is, as jy my nog ken hier in Gauteng…dink 2 keer voor jy vir my se: ” ja, maar almal is besig.” want jyt geen idee wat besig is nie.

Mense is maar snaaks, soms gun niemand jou om n droom te he en om dit te bereik nie. Sodra jy dit bereik is mense ongelukkig anders teenoor jou. Ek wonder hoeveel van Anton Rupert se vriende het hul rug op hom gekeer toe hy besigheidsgeluk tref en harde werk uiteindelik beloon word. Wel, hyt sekerlik nuwe vriende gekry wat hom ondersteun het. Nie omdat hul iets van hom wou he nie, maar omdat hul hom respekteer het gegun het om die hoogste sport te bereik.

Ek sal dalk nog eenkeer hier in Gauteng blog want die dae raak min. Ek hoop julle hier kan my onthou vir die beste van dade wat ek gedoen het, maar ag…ek hoop jul onthou ook die nonsens wat ek soms aangejaag het. Veral vroeer jare. Ek sal dit nooit vergeet nie, ek sal almal onthou en probeer kontak hou wat wil. Ek kan nie wag om n nuwe avontuur te begin nie.

Saterdag is dan ook my laaste dag op Loftus. Meer gepas kan dit nie wees nie aangesien die stormers daar die bulle gaan pak. Ek is nie vreeslik oortuig dat die stormers die bulls op Loftus kan pakgee nie, al het hulle hul laaste wedstryd uiteindelik op hul tuisveld verloor, want dit gaan hul net meer gedetermineerd maak om weer sukses op tuisbodem te smaak, en ek is bevrees die stormers gaan dit dalk ontgeld.

Ek gaan darem nie my kop breek daaroor nie, en sien meer uit na die stryd tussen die 2 spanne op Nuwelan- Stormer tuisvelvoordeel, my nuwe tuisveld, en jy kan maar verseker wees dat ek baie saterdae daar te kry sal wees.

Lekker lang naweek vir jul elkeen.

3 responses to this post.

  1. die berg, die see, die strand, die wyn, die skoonheid en ‘n awesome huis wag alles vir julle!

    Reply

  2. Posted by Ina van Staden on March 22, 2011 at 9:58 am

    Julle moet dit gaan geniet en ek hoop ons kry ook darem die geleentheid om te groet.

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.