Van Struikelblokke na geleenthede

Dis amper maart maand, maar soos die opskrif aandui het ons basies begin met die laaste aftelling. Die laaste aftelling van ons tydjie in Gauteng, en die einde van nog n seisoen in ons lewens. n Heel lekker seisoen propvol lewenslustige avonture, baie groei vir beide die kinders sowel as onsself geestelik, en emosioneel. Dis asof ek die laaste 2 jaar n groot volwassenheid bereik het ten opsigte van heelwat aspekte in my lewe. Dinge waarmee ek vrede gemaak het, met myself, sowel as met ander.

Ek het ook besef dat n mens nie die hele wereld kan red, of regmaak nie, en jy kan ook nie altyd mense in of uit n ding uit praat nie, of almal waarsku dat hulle besig is met totaal die verkeerde dinge of op die verkeerde pad is of verkeerde besluite maak nie. Partykeer moet jy mense maar los om self hul kop te stamp, want die lewe werk so…maar die mens wat sy kop stamp, moet groot genoeg wees om daarna te kan selfondersoek instel, en te leer uit die foute.

Die finale aftelling vir ons is aan die een kant baie opwindend, want dis nog net 4 naweke hier van niks doen verveeldheid, behalwe vir die af en toe lekker braai-kuier, of die dan en wan fliek en uiteet….dan is ons in die mooie kaap.

Aaan die ander kant kan mens nie help om te stres oor of als gaan in plek val nie, gaan daar genoeg fondse wees vir als wat gedek moet word en gepaardgaan met n getrekkery, gaan ons die regte skool kies vir die kinders, die regte plek in terme van verkeer soggens en smiddags, gaan als uitwerk? dis die onsekere…ek troos myself egter altyd daaraan dat niks in die lewe reggekry word sonder n skeut of 2 waagmoed en kanse nie. Sou Anton Rupert nie n bankrot tabakfabriek gekoop het vir 10 pond nie, het die magtige Rembandt maatskappy nie tot stand gekom nie. Praat van kanse vat!! Hulle het nie eers enige ervaring gehad van hul bedryf nie, geen masjinirie, n bitter klein kantoortjie, niemand om hul verpakking vir hul te doen nie …hy het egter gereeld in sy lewe gese dat mens soms dankbaar moet wees vir dit wat jy nie kry nie. Daarmee het hy bedoel dat elke liewe struikelblok wat op hul pad gekom het, hul verander het in n nuwe geleentheid. bv die feit dat geen gelisensieerde verpakker hul kon help nie het hom nie van stryk gebring nie…hulle het hul eie verpakking m,et die hand gemaak en verpak…so goed dat hul later die helfte van die verpakker besit het wat hulle nie eers wou help nie.

Hy wou op n 18 jaar gaan studeer vir n dokter, maar weens die ekonomiese depressie was daar nie geld vir mediese studie nie. Hy het n ander rigting gaan studeer- Bsc. Hierdie aanvanklike struikelblok om nie n dokter te kan word nie, was vir die hele familie n reuse teleurstelling, maar die rigting verandering wat dit teweeggebring het, het hom op die pad gestel om die multi biljoen korporasie te begin wat dit vandag is, met aandele in Absa, Firstrand, Rainbow chickens, Remgro….om net n paar te noem.

So as jy vandag n paar struikelblokke teekom- kyk watter geleentheid skuil daarin en verander dit in jou eie magtige oorwinning.

Cheers vir eers

Advertisement

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.