Baie mense is aan verskeie goed verslaaf. Sommiges meer skadelik en vernietigend as ander, maar tog n verslawing.
Drank, dwelms, sigarette, dobbel, oefen, ens.
Van byna elkeen het ek al kennis geneem, nie altyd my eie nie, maar mense om jou, naby jou, kennise, verlangse kenisse.
Die vraag wat by my opgekom het, en wat ek onlangs duidelik kon antwoord, is dat elke verslawing eintlik een iets in gemeen het , of stel dit liewer so: elke verslaafde se rede tot die verslawing het iets in gemeen….
Die antwoord hierop is dat mens die verslawing gebruik as n verdoofmiddel vir n innerlike, of emosionele pyn, veroorsaak deur gebeure of traumas in jou verlede.
Ek het my onlangs bevind in die bekende Edward st. in Bellville. Tuiste van baie klubs, en kuierplekke elke nag tot baie laat hier in die kaap. Een spesifieke plek is wel bekend onder veral die jong “gothic” tipe.
Soos ek die jonges daar beskou het, kom ek tot die besef dat baie van hulle so bloedjomk is, kinders vanaf seker maar 18, want dis die reels en voorbehoud om in te gaan daar. Kan mens net wonder wat dink of weet hul ouers waar hul is…die gothic tipe tiener is meestal n misverstane spesie, en hul gunsteling aanhaling is : “jy verstaan my nie”
Myns insiens is n kind soos hierdie , of n kind wat in die dwelm wereld betrokke raak, se ouers te blameer. Soos ek reeds genoem het, gaan dit nie oor die pil self nie, maar die vereffening of vergeet van eie innerlike konflik en pyn. Die ouer het hierdie kind gefaal. Die ouer het nie met die kind “connect” op n manier of vlak wat daardie kind mee wil “connect ” word nie. n tienermeisie behoort op die hande gedra te word deur n pa. Soos n prinses behandel te word. Wanneer dit gebeur, sal jy haar nie in die onderwereld kry nie.
n pa is die “blueprint” van n jong dogter se idee van manlike liefde en dis die pa se plig om vir haar te wys wat die blueprint dan veronderstel is om na te lyk, en voel…wanneer sy blueprint nie in lyn is met wat sy verlang nie, is dit wanneer sy so maklik gaan val vir die dwelmhandelaars se uitnodigende en vriendelike manier om vir hulle n huislike atmosfeer te skep, waar hulle net kan hulself wees met ander tieners en jongmense wat met presies dieselfde probleme worstel…dan is dit 1,2,3 en jou kind is vasgevang in n web wat moeilik uit ontsnap kan word.
Nog n gemeenskaplike deler is dat hierdie goed ontvlugting bied. elkeen van die verslawings hier genoem, neem jou uiteindelik na n plek of realiteit, veel beter as die werklikheid met al sy probleme, uitdagings, en daaglikse geveg om te oorleef. Die fix is egter van korte duur, en wanneer realiteit van die werklikheid inskop, is dit tyd om weer te gryp na die drankbottel, dwelmmiddel, naaste casino, ens. So word ons vasgevang in n ewigdraaiende maalkolk.
Vandag is daar meer moderne verslawings, ook gemaak om jou uit jou eie wereld te help ontsnap, na n ander ou se wereld vol probleme wat joune beter laat lyk en voel. Sosiale netwerke soos Facebook, selfone soos Blackberry het totaal n aanvaarbare verslawing geword. Dit is nie eers meer onaanvaarbaar om met iemand te praatwat nie eers vir jou kyk nie, vir jou luister nie, of belangstel nie.
Ek het nou onlangs in n restaurant geeet waar daar 3 tiener dogters was saam so 5 volwassenes. Die 3 tienerdogters was vanaf die oomblik dat ek daar ingestap het, tot die oomblik wat ek daar uit was, slegs doenig op hul Blackberry’s. Die volwaasenes was nie eers gepla dat hul glad nie na hul kyk of luister nie…so hoe connect daardie ouers met hul tieners, en so baie van ons ouers “for that matter”
Wat word van hul sosiale vaardighede, soos om iemand net pleinweg in die oe te kyk as jy met hom praat, as n teken van respek, om nie eers te praat van sy vermoe om n geselskap te voer van meer as se maar n 100 woorde nie.
Kyk na die tieners, die kleiner kinders wat aan Playstation verslaaf is. Hierdie goed is nie gemaak om jou kind se opasser te word en jou rol oor te neem nie, dit kan nie die werklike liefde, aanvaarding en bemoediging bied wat jou kind na smag nie.
Gee aandag aan hulle van jongs af, in elke faset, sodat jy nie moet rondloopin hole en soek waar hulle is nie.
Ek hoop jyt elkeen n wonderlike naweek….meestal koud in meeste plekke in ons land, so bly warm en gesond.

Recent Comments